
=====================================================================
Vista-studente se Afrikaansfees maak geskiedenis (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Vista-studente se Afrikaansfees maak geskiedenis

'Afrikaans is 'n FEES en Afrikaans is KOEL' was die tema van die Departement Afrikaans van die Universiteit Vista in Welkom se 
feesgeleentheid wat op Vrydag 1 en Saterdag 2 September op die kampus plaasgevind het.

Die organiseerder, Marietjie Smith, s daar is geskiedenis gemaak, want dit is die eerste keer dat 'n Afrikaansfees op een van die kampusse 
van die Universiteit Vista aangebied is. Dit was ook die eerste Afrikaansfees in die Vrystaat.

Hoogtepunte was die aanwys van Mev., Mnr. en Mej. Afrikaans op grond van voorgraadse studente se entoesiastiese bevordering van Afrikaans, 
'n sang- en voordragprogram uit voorgeskrewe letterkunde van die voorgraadse jaargroepe en die spesiale vermelding van studente wat 
Afrikaans se belange op die hart dra en nie skroom om dit te toon nie.

Alice Hlabanyane is as Mej Afrikaans, Joseph Wellem as Mnr. Afrikaans en Eliza Dongeni as Mev. Afrikaans gekroon. Hulle en die naaswenners 
het boekpryse ontvang wat geskenk is deur twee dosente-skrywers van Vista, James Gillmer en Marietjie Smith. Vir die derde plekke is die 
boekpryse deur lede van die Vrouelandbou-unie geskenk.

'n Skoolkoor van die Thotagauta Sekondre Skool in Welkom-Thabong het by die geleentheid opgetree, en ook onder di leerlinge het die 
geesdrif vir Afrikaans hoog geloop.

'n Werkswinkel vir onderwysers van Afrikaans as tweede taal is Saterdag deur Barend Badenhorst en Marietjie Smith in samewerking met Corien 
de Beer van die Departement Opvoedkunde aangebied. Otto Liebenberg en Leana Lategan van die Nasionale Letterkundige Museum en 
Navorsingsentrum in Bloemfontein was die gassprekers oor interessanthede rondom die letterkunde. Marietjie Smith.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7440.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

